56ste Oscar-toekenningsaand

  56ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 9 April 1984
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Johnny Carson
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Terms of Endearment
Meeste pryse  Terms of Endearment (5)
Meeste benoemings  Terms of Endearment (11)

Die 56ste Oscar-toekenningsaand is op 9 April 1984 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1983. Die aanbieder was Johnny Carson.

Die 1,5 meter lange Linda Hunt het die Oscar vir beste vroulike byspeler gewen vir haar rol as Billy Kwan, ’n manlike Chinees-Australiese fotograaf in The Year of Living Dangerously. Sy was die eerste akteur wat ’n Oscar gewen het vir die uitbeelding van ’n karakter van die teenoorgestelde geslag.

Gordon Willis, ’n gerespekteerde kinematograaf wat veral bekend is vir sy onbenoemde werk aan The Godfather, The Godfather: Part II en Manhattan, het sy eerste benoeming gekry vir beste kinematografie vir Zelig.

Toe die draaiboekskrywer Horton Foote in 1963 aangekondig is as wenner van die Oscar vir die beste verwerkte draaiboek vir To Kill a Mockingbird, was hy nie op die seremonie nie omdat hy nie gedink het hy sou wen nie. Dié keer was hy wel teenwoordig en het hy weer gewen, vir beste oorspronklike draaiboek vir Tender Mercies.[1]

  1. Horton Foote. Miracles & Mercies [Dokumentêr]. West Hollywood, Kalifornië: Blue Underground. URL besoek op 2008-01-28.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search